Select Page
Paarl Dagsorg

Welkom

Dagdroom is ‘n opvoedkundige dagsorgsentrum vir babas van 3 maande tot 18 maande. Ons is geleë in die pragtige Courtrai woonbuurt in Suider Paarl.

Ons streef daarna om die beste moontlike sorg aan elke kind te verseker, daarom bied ons intensiewe sorg van maksimum 1:4 toesig (een toesighouer vir elke vier kinders).

Ons het sterk Christelike waardes en dit word so uitgeleef in ons daaglikse interaksie met ons kinders.

Dagdroom maak sy deure oop in Januarie 2016.